On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Rugby

Petersen fiks vir Stormers-stryd

───   MORGAN PIEK 15:06 Thu, 26 May 2016

Petersen fiks vir Stormers-stryd | News Article
Sergeal Petersen - Johan Pretorius / Gallo

Die blitsige vleuel, Sergeal Petersen, is fiks en sal Saterdagmiddag vir die Toyota Cheetahs teen die Stormers in die Super Rugby-reeks uitdraf.


Petersen het ‘n bobeenbesering teen die Southern Kings opgedoen, maar het volkome herstel oor die afgelope tien dae.

Die agtsteman, Niell Jordaan, sal sy terugkeer maak en sal op die plaasvervangerbank wees vir die wedstryd nadat hy teen die einste Stormers ‘n ribbesering opgedoen het.

Die skrumskakel, Tian Meyer, begin die wedstryd in die nommer 9-trui, terwyl Shaun Venter na die bank skuif.

Venter sal op sy beurt in sy 50ste Super Rugby-wedstryd speel.

Die span se kaptein, Francois Venter, het tydens die spanaankondiging vanmiddag gesê hulle is honger om te speel ná verlede naweek se loslooitjie.

“Ek glo hierdie breek het die hongerte teruggebring. As jy ‘n naweek deurbring en gaan kyk hoe speel ander ouens, dan is jy eintlik spyt dat jy die naweek af is.

“Jy wil ook op die veld wees en jou merk maak. So, ek dink die naweek is ‘n goeie geleentheid vir die Vrystaat om respek terug te wen en ek dink ons gaan net alles op die veld los.”

Saterdagmiddag se wedstryd op Nuweland in Kaapstad skop om 15:00 af.

Toyota Cheetahs -  15  Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Francois Venter (kaptein), 12 Michael van der Spuy, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Tian Meyer, 8 Uzair Cassiem, 7 Oupa Mohoje, 6 Tier Schoeman, 5 Francois Uys, 4 Lood de Jager, 3 Maks van Dyk, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais. Plaasvervangers – 16 Jacques du Toit, 17 Ox Nche, 18 Luan de Jager, 19 Armandt Koster, 20 Niell Jordaan, 21 Shaun Venter, 22 Niel Marais, 23 Nico Lee.

Stormers - 15 Cheslin Kolbe, 14 Kobus van Wyk, 13 Daniel du Plessis, 12 Damian de Allende, 11 Leolin Zas, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Nic Groom, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Siya Kolisi, 6 Nizaam Carr, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe (kaptein), 2 Bongi Mbonambi, 1 Oli Kebble. Plaasvervangers - 16 Scarra Ntubeni, 17 Alistair Vermaak, 18 Vincent Koch, 19 JD Schickerling, 20 Rynhardt Elstadt, 21 Louis Schreuder, 22 Brandon Thomson, 23 Johnny Kotze.

Morgan Piek/OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.