On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Slange kan vroeër kop uitsteek weens hitte – DBV

───   14:09 Thu, 14 Mar 2024

Slange kan vroeër kop uitsteek weens hitte – DBV | News Article
Slange kan maklik teen mure opseil om by vensters in te kom. Foto verskaf

“Wanneer jy ’n slang buite sien, laat hom sy gang gaan en moet hom nie steur nie.”

Die slangseisoen begin weliswaar eers in Augustus, maar weens die hittegolwe oor Sentraal-Suid-Afrika kan mense vanjaar vroeër slange teëkom soos dié reptiele koeler plekke opsoek. Dit sluit in jou huis, kantoor of motor. 

Slange is gewoonlik nie aggressief nie en sal slegs uit selfverdediging pik wanneer hulle uitgelok word.

Slange sal net pik as hulle uitgelok word. Foto verskaf

Volg hierdie veiligheidswenke:

  • Moenie vensters lank laat oopstaan nie. Veral kobras en mambas laat hulle nie koudsit deur hoogtes nie; hulle kan teen mure uitseil om by vensters in te kom.
  • Maak bosse rondom jou huis of kantoor skoon. Dit lok rotte en muise, wat weer die gevaarlikste slange lok, want rotte en muise is hul gunstelingkos.
  • Wanneer jy in jou kantoor, huis of motor met slange gekonfronteer word, volg die volgende raad: Sommige slange kan maklik doodgemaak word, maar ander, soos die swartmamba, is verwaand. As hulle bedreig word, sal hulle blitssnel op jou afpeil en meermale pik. Sonder teengif sal die slagoffer skaars ’n halfuur oorleef.

Slange kan maklik in jou motor of in die enjin wegkruip. Foto verskaf

“Wanneer jy ’n slang buite sien, laat hom sy gang gaan en moet hom nie steur nie,” waarsku Cathy Bower van Kimberley se DBV. “Wanneer jy een in jou kantoor, huis of motor teëkom, moenie probeer om hom dood te maak nie, want jy weet nie hoe gevaarlik hy is nie.

“Maak die deur toe en bel die naaste DBV-tak om hom te kom verwyder.”

Bel Kimberley se DBV by 053 831 7625 en Bloemfontein se DBV by 051 447 3801.

OFM Nuus/James Williams dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.