On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Mei-verkiesing: Hoekom daar drie stembriewe sal wees

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:38 Sat, 20 Apr 2024

Mei-verkiesing: Hoekom daar drie stembriewe sal wees | News Article

“Dit sal die eerste keer wees wat elkeen drie stembriewe kry.”

Net meer as ses weke bly oor voor Suid-Afrikaners na die stembus gaan.

Afgesien van die veranderinge in die politieke landskap, sal daar ook die eerste keer in die demokratiese geskiedenis van Suid-Afrika ’n nuwe manier van stem wees.

Op 29 Mei, wanneer kiesers hul kruisies gaan trek, sal dit die eerste keer wees wat elkeen drie stembriewe kry.

Kiesers het tot dusver net twee stembriewe gekry. Die rede vir die drie stembriewe is dat die Kieswet gewysig is om onafhanklike kandidate in die provinsiale wetgewers sowel as die nasionale vergadering te akkommodeer.


Dit beteken dat kiesers vir die politieke party van hul keuse kan stem wat Suid-Afrika in die parlement sal verteenwoordiger, asook die provinsie waarin jy woon.

Die blou stembrief, bekend as die Nasionale Vergadering se stembrief, sal slegs bestaan uit politieke partye wat hul naam in die hoed gegooi het om kiesers te verteenwoordig. Hierdie stembrief sal in elke provinsie dieselfde lyk, en die helfte van die Nasionale Vergadering sal so bepaal word.

Die vraag wat jy dus op die blou stembrief moet beantwoord, is: Watter politieke party wil ek hê moet my en my behoeftes in die Nasionale Vergadering verteenwoordig?

Die oranje stembrief, bekend as die Nasionale Streek se stembrief, sal bestaan uit politieke partye en onafhanklike kandidate wat elke provinsie sal verteenwoordig. Hierdie stembriewe sal in elke provinsie anders lyk.

Die vraag om op die oranje stembrief te beantwoord, is: Wie wil ek hê moet my provinsie in die Nasionale Vergadering verteenwoordig?

Daar is net een stembrief vir die Provinsiale Stem en hierdie stembrief sal pienk wees. Dit sal bestaan uit politieke partye en onafhanklike kandidate wat besluite moet neem oor hoe die provinsie bestuur word. 

Die vraag om op die pienk stembrief te beantwoord is: Wie wil ek hê moet regeer oor die provinsie waarin ek woon?


OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.