On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Special Reports

FEATURE: Droogtetoestande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:00 Tue, 24 Nov 2015

FEATURE: Droogtetoestande in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap | News Article

Versengende hitte en knellende droogte in die sentrale deel van Suid-Afrika, wat die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap insluit, is nou vining besig om kritieke afmetings aan te neem.

Talle munisipaliteite in die Vrystaat het reeds streng waterbeperkings ingestel, terwyl beurtwater besig is om ‘n werklikheid te word. Boere kry swaar; daar is nie kos vir hul diere nie, terwyl saaiboere wag op reën om gewasse te plant. Die Departement van Water en Sanitasie het reeds ingegryp. Maatreëls word toegepas en hulp word verleen aan gemeenskappe wat die ergste geraak word deur die watertekorte. Watertenks is reeds beskikbaar gestel in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Limpopo, wat reeds as droogterampgebiede verklaar is. Gemeenskappe word voortdurend gemaan om water spaarsamig te gebruik. OFM se nuusspan het gaan vasstel wat die situasie in Sentraal-Suid-Afrika is. Die verslag is saamgestel deur Mark Steenbok in samewerking met Christal-Lize Muller en Dane Beisheim.








Mark Steenbok/OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.