On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

The Vine

Raad vir winters-hande -en -voete asook droë gebarste hakke

───   01:38 Thu, 27 Jun 2013

Raad vir winters-hande -en -voete asook droë gebarste hakke | News Article
Wintershande

Wintershande en -voete (pernio) is die brandende, jeukunde geswel van hande en / of voete as gevolg van blootstelling aan koue.

Die koue veroorsaak dat die bloedtoevoer ingekort word.

Oefening help om die bloedsomloop te verbeter.

Boererate
Wintersvoete


* Hou jou voete in warm water waarin paraffien is.

* Vryf geweerolie aan jou voete.

* Sit in die son en vryf paraffien aan jou voete.

* Smeer terpentyn aan wintervoete.


Wintershande

* Maak 1 eetlepel kalk aan met 1 bottel kookwater. Laat staan vir 24 uur voor dit afgegooi word. Gooi ´n eetlepel kalkwater oor elke bord kos wat jy eet.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Cracked Heels

Elani Walker: Ingrams and socks!!!!

Elna Grobler:
Bloekomolie werk vir winters-tone...smeer en vryf in 2-3 keer n dag. Weet nou nie so mooi van die olie op mens hande/vingers nie, maar dalk voor bedtyd aansmeer en invryf? Klink vreemd, maar Dubbin (word op leer skoene gesmeer) help ook vir gebarste hakke.

Christine van der Merwe: Fantastiese raad vir gebarste hakke: Meng 500 ml Herbal Ingram's' (die groen houer). En n'botteltjie turlington. Dit werk regtig. Die belangrikste is om elke dag daarvan aan te smeer. Vir wintershande moet 'n'mens blykbaar elke dag Berrocca drink (nog ni self beproef ni)

Yolanda Sim: Kry gewone folic acid pilletjies van die apteek en drink een 'n dag.

Wilomien Van Vuuren: my Pa het altyd so room aangemaak wat ons nou nog gebruik, dis vaseline, gliserien, baba olie, baba poeier en fryers balsem, pasop vir te veel of te min fryers balsem, te veel ruik dit snaaks en te min het die room nie die gewenste uitwerking nie, ek het ongelukkig nie hoeveelhede nie, maar dit werk.

Lisa Venter: daar is niks beters as Effectunol se salf nie, ongelukkig net my Podiatrist beskikbaar!

Somarié Muller: niks werk beter as electol heelbalm nie ... Ek het dit altyd gebruik tot dit te duur begin raak het ... Nou skuur ek maar my hakke elke aand en smeer vaseline aan met kouse ... Werk nie so goed soos electol nie maar dit help so bietjie ... Smeer ook zambuk aan as jy 'n bars het wat seer is ... Maak dit dadelik gesond

Dries Lategan:
speen salf is al wat vir my werk maak my hakke mooi en sag

Anita Loots Hanekom: Froggies room by 'n skoenwinkel!!

Gerda Coetzee Bezuidenhout: DUbbin werk!!!

Maggy Zwiegelaar: Dr sole heel balm avai @ clicks R20.

Vaseline en gliserien dieselfde hoeveelheid gemeng met kouse moet elke dag aangesmeer word vir gebarste hake.lorraine

Ou boere raad. Cobra vloer polish gemeng met pers sprits en gesmelde kers. Smeer aan dik en trek dik kouse aan.

Sorg vir jou hande
Handsorg Wenke

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.