Isabel Venter
The Night Flight with Isabel Venter
Babbelgum vir die Siel
Chicken Soup for a Sunday


Jy is VRIENDELIK as jy glimlag.
Jy is ‘n INSPIRASIE as jy ander kan optel ongeag.
Jy is NEDERIG as jy onthou waar jy vandaan kom.
Jy is STERK as jy jou hartseer leer om te glimlag.
Jy is BRAAF as jy jou vrese konfronteer en ander help om dieselfde te doen.
Jy is POSITIEF as jy probleme as geleenthede sien.
Jy is WYS as jy nederig jou beperkinge aanvaar.
Jy is EERLIK as jy nie blind is vir al jou foute en tekortkominge nie.
Jy is SUKSESVOL as jy die potensiaal in ander kan raaksien en help ontgin.
Jy is TROTS as jy weet wanneer om die minste te wees.
JY is MENSLIK as jy ongeag jou foute steeds kan droom, wens en hoop.
Jy is LIEFDEVOL as jy vergeet van jou seer en ander s’n raaksien.
Jy is MOOI as jou hart nog mooier is as jy.
JY is OPREG as jy alles doen uit jou hart uit.
Jy is GELUKKIG as jy jou geluk, hoop en liefde kan deel met ander.
JY is DANKBAAR as jy glo al die seëninge in jou lewe is net genade.
JY LEWE wanneer jy gister se seer agter jou kan sit, besef dat môre nie gewaarborg is nie en net leef vir die oomblik – NOU.

Brain Teaser: Sunday, 19 May 2013
If you multiply all the numbers on the telephone, what is the answer?

Answer:

0

Koffie-Braaisous
Hierdie braaisous kan gebruik word as 'n marinade of gewone sous vir hoender, bees of vark. Dit is vir Pasella gemaak deur die Tuiskok-kompetisiewenner Hestelle Pretorius.
1 ui, gekap
2 eetlepels olyfolie
1 koppie tamatiesous
½ koppie asyn of sterk swart koffie
½ koppie bruinsuiker
1 knoffelhuisie, gekap

½ koppie gekapte pikantrissies
2 eetlepels mosterd
2 teelepels gedroogte fyn rissies

SO MAAK JY:
Braai uie in die olyfolie tot ligbruin. Voeg die res van die bestanddele by. Laat die sous ongeveer 10 - 15 minute prut. Wag tot die sous effens afgekoel het en verwerk dan tot fyn. Hierdie sous kan 2 - 3 weke in jou yskas hou.

Brain Teaser: Saturday, 18 May 2013
A word I know,
Six letters it contains,
Subtract just one,
And twelve is what remains.

Answer:

Dozens

Wat is 'n Ma ...
'n Ma is iemand wat jou altyd lief het
Sy is die een wat altyd na jou sal oplet
Haar hande is altyd sag, al werk sy hoe hard
Sy voel jou pyn, sy ken jou smart

Haar glimlag so sag, haar trane so stil
‘n Ma ken altyd haar kind se huil
Sy ken jou geheime nog voordat jy dit sê
En is altyd bereid om te gee wat jy wil hê

Vir haar kind sal ‘n Ma alles doen
Van klere koop tot voete soen
‘n Ma se hart is altyd rein
Maar sy verduur tog soveel pyn

‘n Ma is vriendelik, maar sy raak tog kwaai
Veral wanneer kinders in die dorp lawaai
‘n Ma is liefde, sy is jou vriendin
‘n Ma is die een wat weet wat jy verdien

Sy is ‘n Ma, maar sy bly wie sy is
Die een wat sorg vir wie haar kinders is!

Gelukkig Moedersdag aan al die Mamma's!

Ma


- deur Antjie Krog

Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
Sonder fênsie leestekens
Sonder woorde wat rym
Sonder bywoorde
Net sommer
‘n kaalvoet gedig…

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.

Brain Teaser: Sunday, 12 May 2013
How is 7 different from the rest of the numbers from 1-10?

Answer:

7 (seven) is the only one with two syllables.

Happy Mother’s Day!

Moedersdagpoeding
1 Swiss roll
1 houertjie roommaaskaas
1 blik kondensmelk
1 houertjie room
1 blik ingelegde aarbeie
2 teelepels vlapoeier
60 ml suurlemoensap

Sny swiss roll op en plaas op bodem van bak. Sny aarbeie in helfte en rangskik oor swiss roll. Gooi aarbeisous in kastrol en verdik met 2 teelepels vlapoeier. Kook tot dik en roer voortdurend. Gooi oor swiss roll-mengsel. Meng kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap. Klits en gooi bo-oor. Klits room tot styf en gooi bo-oor. Versier met kersies.

Brain Teaser: Saturday, 11 May 2013
How can you write 11 May 2013 in 5 letters without using any numbers?

Answer:

Today

First 1 2 3 4 5  ... Last 
Voting Poll
Wat is die ideale moedersdaggeskenk?
Uiteet
Blomme
Sjokolade
Iemand wat die skottelgoed was
Drukkie en soen