On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams
Yonder Hartsfees

Yonder Hartsfees Venue: Yonder-terrien, Messelaarstraat, Kenilworth, Kimberley

Datum: 29 Augustus – 1 September 2019

Kaartjies: Computicket

Die Noord-Kaap Geestesgesondheid bied vanjaar die heel eerste Yonder Hartsfees aan.

Die fees gaan op Yonder se terrein aangebied word en sal ‘n eg Noord-Kaapse geur en karakter hê onder die skadu van die Kameeldoringbome. Die organiseerders beplan ‘n program wat die hele gesin betrek en vermaak, lekker kos, lekker musiek, kunstenaars en ‘n jaarlikse kuier soos net Kimberley kan.

Die sterbelaaide musiekprogram sluit in: Broers, The Rockets, ADAM, Monique Steyn, Leah, Piet Pompies, Willem Botha, Vaatjie, Jakkie Louw en Saarkie!

Kry die volledige program hier

“Ons wil graag vir die mense van Kimberley wys dat ‘n persoon met ‘n gestremdheid ‘n geleentheid vir die publiek kan aanbied wat niks kort van ‘n ware fees is nie”, so sê Jannie van Zyl – hoof van die Noord-Kaap Geestesgesondheid.

“Ons wil ‘n geleentheid skep waar plaaslike talent kan skouers skuur met nasionale talent, waar plaaslike besighede ‘n geleentheid kan kry om fondse te genereer hetsy deur verkope op die feesterrein of deur besigheid wat die besoekers na Kimberley bring.”

Kom skop jou skoene uit op die Yonder Hartsfees van 29 Augustus tot 1 September 2019!

Vir meer inligting of stalletjiebesprekings kontak gerus die kantoor: E-pos: mail.yonder@gmail.com; Tel: 053 841 0537 (Aletha).

As jarelange tuiste vir persone met ‘n intellektuele gestremdheid het Yonder geen bekendstelling nodig nie.

Die Noord-Kaap Geestesgesondheid sien daagliks na 280 persone met ‘n intellektuele gestremdheid om. Yonder is beide ‘n permanente tuiste vir baie van hierdie mense, maar ook ‘n veilige hawe vir dagbesoekers.

Na ‘n deeglike assessering en vaardigheidsopleiding word baie van die persone uitgeplaas in die gemeenskap waar hulle met groot sukses by plaaslike besighede werk.

Daar is egter ook van Yonder se inwoners en dagbesoekers wat nie uitgeplaas kan word nie, maar wat daagliks hul take by een van Yonder se agtien werkswinkels op die terrein verrig.

Menswaardigheid is een van die grootste doelstellings van die instelling en elke persoon wat by dié besonderse instansie betrokke is weet hulle maak elke dag ‘n verskil, hulle is belangrik en hulle het soveel talente waarvan die gemeenskap net eenvoudig móét weet.

Dus gaan die instansie vanaf hierdie jaar ‘n jaarlikse fees aanbied vir Kimberley en omgewing ten einde hulle vaardighede en fasiliteite ten toon te stel, maar natuurlik ook vir fondsinsameling.

View All

News

Gasa op rand van ‘katastrofiese hongersnood’

Ondanks Israel se onlangse aankondiging van daaglikse humanitêre onderbrekings waarsku agentskappe van die VN teen “katastrofiese toestande”, wat lei tot ’n hongersnoodkrisis in Gasa met ongekende...  Read More


Elon Musk kondig sy ‘America Party’ amptelik aan

Die Suid-Afrikaans-gebore tegnologie-miljardêr en entrepreneur Elon Musk het die stigting van ’n nuwe politieke organisasie, die “America Party”, aangekondig en daarmee sy amptelike toetrede tot die...  Read More


Staatshoofde kom byeen in Rio de Janeiro vir Brics-beraad

Alle oë is op Rio de Janeiro, waar staatshoofde en afvaardigings van regoor die wêreld verwelkom gaan word vir die 17de Brics-beraad.  Read More


Peperduur ruimtebegrafnisseremonie misluk

’n Simboliese laaste reis na die ruimte het in hartseer ontaard vir talle families in rou, toe ’n ruimtebegrafnismissie tragies geëindig het.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.