On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Vragmotorbestuurder wat egpaar raakgery het op borg vrygelaat

───   17:12 Thu, 05 Dec 2013

Duane Petrus
 
Bloemfontein - ‘n Vragmotorbestuurder wat gister ‘n egpaar op hul fietse op die N1 buite Bloemfontein raakgery het, is vandag op borgtog vrygelaat.
Samson Ndlovu word vir strafbare manslag asook roekelose en nalatige bestuur aangekla. Gerhard en Monica Hattingh is gister na die ongeluk in die Mediclinic Bloemfontein-hospitaal opgeneem.
 
Die klag van strafbare manslag is bygevoeg nadat Monica gisteraand in die hospitaal aan haar beserings beswyk het. Sy het veelvuldige kopbeserings, beserings aan haar ribbes en ruggraat opgedoen.
 
Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, het vanoggend aan OFM gesê Gerhard sterk in die hospitaal aan. Ndlovu sal weer op 11 Desember in die stad se landdroshof verskyn.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.