On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Helen Zille sê aan VS-landbouleiers DA het nie konsepwet oor grondeise gesteun

───   16:15 Tue, 22 Apr 2014

Helen Zille sê aan VS-landbouleiers DA het nie konsepwet oor grondeise gesteun | News Article
Dirk Kok - Die DA-leier Helen Zille het op 'n Vrystaatse besoek aan landbouleiers in die provinsie gesê dit is 'n leuen dat sy en haar party vir die wysingswetsontwerp vir die heropening van grondeise gestem het. Sy sê pres. Jacob Zuma is per brief ingelig dat die DA hom tot die Grondwethof sal wend indien die wetgewing deurgevoer word, omdat die regering nie geld beskikbaar het vir nog vyf jaar se grondeise nie.
Zille en die Vrystaatse DA-leier, Patricia Kopane, het met die dagbestuur van Vrystaat Landbou (VL) op Kroonstad vergader.
VL se president, Dan Kriek, sê dié organisasie is a-polities en vergader met alle partye. Hy sê VL het onder meer oor die uitwerking van beleid en wette op die landbou asook oor die beskerming van die Grondwet met Zille en Kopane gesels.


Podcasts

Helen Zille:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.