On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Droogte het impak op prysstygings, voedselprodukte en voedselsekerheid

───   SABRINA DEAN 14:54 Fri, 13 Feb 2015

Droogte het impak op prysstygings, voedselprodukte en voedselsekerheid | News Article

Bloemfontein - Wanneer ‘n droogte veroorsaak dat produkte ingevoer moet word, sodat die land steeds kan voldoen aan die vereistes van die vraag wat bestaan, veroorsaak dit dat minder werk in Suid-Afrika gedoen word.

Dit is die mening van Professor Herman van Schalkwyk, rektor aan die NWU se Potchefstroom-kampus.
 
Hy sê dit is vir Suid Afrika ‘n groot krisis wanneer daar droogte is.
 
Hy sê droogte het ‘n groot uitwerking op prysstygings, voedselprodukte en voedselsekerheid, soos bv wanneer produkte se pryse verhoog, terwyl huishoudelike inkomste dieselfde bly. Met ander woorde… Verbruikers kan minder van dieselfde produk bekostig.
 
Pieter Möller en Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Professor Herman van Schalkwyk sê dit is vir Suid Afrika ‘n groot krisis wanneer daar droogte is.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.