On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Cricket

Cobras wen Ram Slam T20 kompetisie - klop Knights met 33 lopies

───   23:12 Fri, 12 Dec 2014

Cobras wen Ram Slam T20 kompetisie - klop Knights met 33 lopies | News Article
Owen Kock
 
Kaapstad. - Dane Patterson met sy vier paaltjies vir 33 lopies was vanaand die gif-angel in die vlees van die Chevrolet Knights in die eindstryd van die Ram Slam T20 reeks wat deur die Cape Cobras met 33 lopies gewen is.
 
Die Cobras het in hul toegelate 20 beurte 158/6 aangeteken en die Knights tot 125/9 beperk.
 
Dit het voorgekom asof die Knights nie honger genoeg was om die wedstryd te wil wen nie, maar net hulle sal weet wat tussen die penne gebeur het. Hulle kon beswaarlik aan die gang kom en die 159 lopies wat hulle benodig is, het nooit werklik na ‘n onbegonne taak gelyk nie.
 
Dit moet egter gesê word dat die Knights nooit werklik tou opgegooi het nie, maar toe Rilee Rossouw en Reeza Hendricks, en later Andre Russell uit was, het die Knights se aanslag sterk begin kwyn.
 
Die Cobras verdien om die wedstryd te wen, want hulle was die een span die seisoen wat op ‘n gereelde grondslag uitmuntende krieket gespeel het.
 
Volgens Knights kaptein Werner Coetsee was sy span nog heeltyd in die prentjie want hulle was presies waar hulle was na vyf beurte en dit het toe nog gelyk of hulle die mas sou opkom.
 
“Die gemoed in die kamp is op die oomblik nie so lekker nie, maar ons neem uit die wedstryd wat ons kan en oorleef nog ‘n dag.
 
“Ons het weereens naby aan ‘n oorwinning keom, maar hopelik kan ons die lesse wat ons in die wedstryd en in die reeks geleer het, nou in die beperkte boulbeurt weergawe gaan toepas,” het ‘n erg teleurgestelde Coetsee gesê.
 
Die Cobras se kaptein, Justin Ontong, het op sy beurt gesê hulle is net bly hulle kon voor hul tuisskare van 13 559 ‘n oorwinning behaal en nie weer vou soos in verlede seisoen se eindstryd nie. Ontong het vyf vangskote in die veld
benut, een van sy eie boulwerk.
 
“Ek moet sê tydens die hele seisoen was ons veldwerk nie op standaard nie, maar vanaand het alles in plek geval en ek is trots op die die span. Ek moet ook krediet aan die Knights gee, hulle het selfs goeie krieket vanaand gespeel, maar ons het op die regte tye paaltjies laat kantel end it was belangrik, want hulle was in ‘n stadium in ‘n goeie posisie,” het Ontong bygevoeg.
 
 
 
 
Werner Coetsee   Photo: Gallo

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.