On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-NK gesels met regering oor ramp in wingerde

───   12:34 Thu, 03 Oct 2013

Agri-NK gesels met regering oor ramp in wingerde | News Article
Dirk Kok - Die wingerdgebied in die Benede-Oranje waar boere en plaaswerkers as gevolg van die onlangse swartryp in 'n  krisis gedompel is, gaan tot ’n rampgebied verklaar moet word, sê Agri Noord-Kaap se hoofbestuurder, Johan van Rensburg.
 
Hy sê dit is 'n lang en omslagtige proses om gebiede van munisipale vlak af tot rampgebiede verklaar te kry, maar dit is ongelukkige die enigste wyse waarop moontlike hulp vir boere en werkers beding kan word.
 
Agri Noord-Kaap het gister 'n eerste vergadering met die provinsiale landboudpartement gehou en 'n voorlopige verslag oor die enorme skade aan die owerheid oorhandig.

Luidens die voorlopige skade-ondersoek kan boere se oesverliese en insetverliese R775 miljoen verloop. Van die boere, in die 250 km-strook van Groblershoop tot by Blouputs, sal vir die volgende 18 maande geen inkomste hê nie en honderde plaaswerkers asook duisende seisoenwerkers kan ook vir maande sonder inkomste sit. 

Podcasts

Johan van Rensburg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.