On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Swartryp: 1000de plaaswerkers in NK sonder inkomste

───   17:20 Thu, 03 Oct 2013

Swartryp: 1000de plaaswerkers in NK sonder inkomste | News Article
 
Dirk Kok - Duisende seisoenwerkers in die Noord-Kaap gaan hierdie seisoen sonder werk sit as gevolg van die enorme rypskade aan wingerde in die Benede-Oranjegebied, sê Agri Noord-Kaap se Johan van Rensburg.
 
Hy sê nog sowat 1 700 heeltydse plaaswerkers se inkomste is in die gedrang omdat van die boere hul hele oeste verloor het en vir die volgende 18 maande geen inkomste gaan hê nie.
 
Agri Noord-Kaap het gister met gesprekke met die regering begin vir hulp vir die boere en werkers, maar die gebied sal eers tot rampgebied verklaar moet word voordat enige hulp beding kan word.

Altesaam 800 boere sit in 'n krisis.
 
Wingerde oor 'n afstand van sowat 250 km, van Groblershoop tot by Blouputs, het vanaf 21 tot 23 September deurgeloop in die koudste weer in 126 jaar.
 
Luidens Agri Noord-Kaap se voorlopige skadeverslag kan die totale oesverliese R559,5 miljoen beloop en was die insetkoste op vrugtelose oeste sowat R195,5 miljoen. Dit bring die beraamde totale verlies vir boere op R755 miljoen te staan. 

Podcasts

Johan van Rensburg:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.