On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Daar is twyfel of biobrandstof-sperdatum gehaal gaan word

───   16:42 Tue, 11 Mar 2014

Daar is twyfel of biobrandstof-sperdatum gehaal gaan word | News Article
Dirk Kok - Die kanse lyk al hoe skraler dat Suid-Afrika sy sperdatum gaan haal vir die verpligte vermenging van biobrandstof in die nasionale brandstofvoorraad.
Die departement van energie het verlede jaar aangekondig raffinaderye word van Oktober 2015 af verplig om minstens 2% bio-etanol in petrol in te meng en tot 5% biodiesel in hul diesel. In die binnekringe van die onderhandelings oor die biobrandstrofbedryf word gesê die tyd is besig om uit te loop.
Biobrandstof-beleggers gaan nié met die bou van aanlegte begin voordat hulle nie absolute sekerheid en waarborge het oor die regulasies en prysraamwerk nie. Daar is ook nog onsekerheid oor hoe opkomende boere 'n groot gedeelte van die nodige sorghum aan die biobrandstofaanlegte sal kan lewer, soos wat vereis word, is aan OFM-nuus gesê.
Dit neem tot twee jaar om 'n biobrandstofaanleg te bou, terwyl die verpligte vermening oor sowat 19 maande moet begin.
Op Graan SA se kongres verlede week is in boerderygeledere kommer uitgespreek omdat bouwerk aan die aanlegte op Bothaville en Cradock nog nie kon begin nie en dit tot sorghum-oorskotte kan lei.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.