On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Kleinste koringoes dalk op pad

───   16:35 Thu, 31 Jul 2014

Kleinste koringoes dalk op pad | News Article
Dirk Kok. - Terwyl Suid-Afrika 'n rekord-mielie-oes het, het boere moontlik die minste koring nog geplant.
Die Oesskattingskomitee sê volgens voorlopige skattings is 484 000 ha koring geplant, wat 21 500 ha minder is as die vorige seisoen.
Die landbou-ekonoom Johan Willemse sê 'n groot rede is dat koringboerdery in hierdie stadium nie lonend is nie. Daar is nie bygehou met produksietegnologie vir koring nie. Geneties gemodifiseerde koring is vir jare nie toegelaat nie en die resultaat daarvan word nou gevoel. Die kultivarontwikkeling van gewasse soos mielies en sojabone is verder gevorderd en meer lonened.
Willemse sê die grootste koring-afname is in die Vrystaat.
Volgens die Oesskattingskomitee se voorlopige syfers het Vrystaatse boere 20 000 ha minder geplant as verlede jaar se 90 000 ha. In die Noord-Kaap is 38 000 ha geplant, wat 4 000 ha minder is.
Willemse sê 'n kleiner oes gaan Suid-Afrika weer sowat R6 miljard kos aan die invoer van koring, hoofsaaklik uit Rusland en die Oekraïne uit.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.