On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Foto's: NK-boere gewaarsku teen vals kommandowurm

───   17:06 Mon, 13 Oct 2014

Foto's: NK-boere gewaarsku teen vals kommandowurm | News Article

Die LNR-Kleingraaninstituut op Bethlehem waarsku besproeiingsboere in die Noord-Kaap om waaksaam te wees teen vals kommandowurms, veral in garslanderye.

'n Entomoloog in die Kleingraaninstituut se gewasbeskermingsprogram, Goddy Prinsloo, sê vals kommandomotgetalle in die Noord-Kaap was vanjaar drasties hoër as verlede jaar. Verlede week is vals kommandowurms in landerye by Bull Hill en Magogong gekry.

Prinsloo sê in landerye met vreetskade en waar wurms gekry word, moet boere by verteenwoordigers van gifmaatskappye aanklop en vroegtydig bespuit.
 
Die eerste uitbreking van vals kommandowurms op gars en koring in Suid-Afrika was twee jaar gelede. In die Noord-Kaap is binne drie weke skade van R8,5 miljoen aan 2 000 ha gars aangerig.
 
 
So lyk die valskommandomot en -wurms. Foto's: LNR-Kleingraaninstituut
 
 
Die vreetpatroon van die vals kommandowurm. 
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

Podcasts

Goddy Prinsloo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.