On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Groentetuinprojek tref die kuberruim

───   16:14 Thu, 21 Nov 2013

Groentetuinprojek tref die kuberruim | News Article
Die groentetuinprojek van die Vrystaatse landboudepartement het nou ook ’n kuberteenwoordigheid.
Landbou-LUR Mamiki Qabathe het vandag op Virginia die projek Re Kgaba Ka Diratswana op Facebook en Twitter bekend gestel en dit kry ook 'n webblad.
Die projek se dorp- en streekkoördineerders het ook almal tabletrekenaars gekry om hul werk te doen en die projek op sosiale netwerke te bevorder.
Met dié projek word mense geleer hoe om vir hulself kos te verbou.
Groentetuine is reeds by meer as 7 500 Vrystaatse huishoudings en 'n honderdtal skole, kerke en instansies in 26 dorpe aangelê.
Aanlynkompetisies word nou gehou vir die provinsie se beste groentetuinmakers en die beste groenteresepte.
Verskeie vermaaklikheidskunstenaars en sportlui het hul steun aan die projek toegesê.

Podcasts

Mamiki Qabathe:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.