On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Buitelandse jagters bestee R1,5 miljard in SA

───   16:55 Tue, 13 Jan 2015

Buitelandse jagters bestee R1,5 miljard in SA | News Article

Bloemfontein - Suid-Afrika se inkomste uit buitelandse jagters het verby die miljard rand –kerf geskiet.

Volgens die departement van omgewingsake het buitelandse jagters in 2013 net meer as 'n miljard rand op jagtogte bestee. Dit was 32% meer as die vorige jaar se R811 miljoen.
 
Die Professionele Jagtersvereniging, Phasa, se Adri Kitshoff sê jagters het na beraming 'n verdere halfmiljard rand bestee op onder meer taksidermie, die uitvoer van trofeë, kos en toerisme-aktiwiteite.

Kitshoff sê 2014 se inkomste uit buitelandse jagters sal verwagting nog meer wees.
 
Sy sê Suid-Afrika se goed gereguleerde wildbedryf is kerngesond, met wildboere wat goeie wildbestuur toepas. Die wildgetalle groei met sowat 30% per jaar. Van die sowat 24 miljoen stuks wild, is twee derdes in die besit van private wildboere. Slegs sowat 0.002% van die land se wild word jaarliks deur buitelandse trofeejagters gejag. Suid-Afrika is buitelandse jagters se voorkeurbestemming in Afrika.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

Podcasts

Adri Kitshoff:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.