On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Senwes, Afgri finaliseer nuwe maatskappy

───   15:40 Mon, 15 Jul 2013

Senwes, Afgri finaliseer nuwe maatskappy | News Article
Dirk Kok - Ses weke ná die samesmelting van die landboumaatskappye Afgri en Senwes se kleinhandelondernemings is die naam en handelsmerk van die nuwe maatskappy gefinaliseer. Die nuwe maatskappy se naam is Hinterland.

Die handelsmerk-identiteite van Afgri Town and Country en Senwes Village word behou.

Frans du Plessis, besturende direkteur van Hinterland, sê hy en sy personeel is opgewonde om dié nuwe onderneming suksesvol in die platteland te posisioneer.

“Die samesmelting word baie positief ervaar deur al ons belanghebbendes. Ons prioriteit is om ons klante saam met ons trots te maak op hierdie nuwe mylpaal in die landbou en dit sal mettertyd gestalte vind in die waarde wat ons ons klante bied.”

(Afgri en Senwes het ’n gelyke belang in Hinterland.)


Frans du Plessis, besturende direkteur van die nuwe Hinterland.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.