Agriculture
Graan SA kan nuwelingboere dalk nie help─── 16:58 Wed, 09 Oct 2013
Dirk Kok - Sowat 600 nuweling-graanboere van die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en Mpumalanga gaan nie volgende jaar deur Graan Suid-Afrika ondersteun kan word as die regering nie betyds geld daarvoor bewillig nie.
Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê dié organisasie het vanjaar 'n honderdtal nuwelingboere met hul boerderye gehelp. Dit is gedoen met R200 miljoen van die regering se herkapitaliseringsprojek vir grondhervormingsprojekte.
Aansoek is gedoen vir geld om volgende jaar meer boere te ondersteun, maar die regering het nog niks van hom laat hoor nie.
De Villiers sê hy besef die regering is in 'n verkiesingsjaar ekstra versigtig oor wie sy strategiese vennote is en het die finale besluit oor hoe staatsgeld bestee word, maar dit is nie lekker om te weet Graan SA sal moontlik nie die 600 boere kan ondersteun nie.
Jannie de Villiers: