On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Moerkweker van die Jaar aangewys

───   09:29 Wed, 10 Sep 2014

Moerkweker van die Jaar aangewys | News Article

Bloemfontein - 'n Jong boer van Vergeleë in Noordwes is gisteraand in Bloemfontein deur Bayer CropScience en die Aartappelsertifiseringsdiens as die land se Moerkweker van die Jaar aangewys.

JP van den Berg, 'n oud-Kovsie wat op die plaas Buttermere boer, het in die 2010-’11-seisoen met moerproduksie begin vir die land se grootste verskaffingsmaatskappy van saadaartappels, Wes-Vrystaat Aartappelmoerkwekers op Christiana.
 
In die 2012-'13-seisoen het hy altesaam 38 verskillende kultivars geplant.
 
Sy buurman wat vyf kilometer verder boer, Frans Engelbrecht, was ook 'n finalis.
 
Die ander finalis was Jakkie Mellet, van Potato Seed Production by Lydenburg in Mpumalanga.
 
Kwekers van oor die land heen was gister in Bloemfontein byeen vir die jaarlikse Aartappelmoerkwekersforum.

Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.