On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Foto: Holstein verkoop vir bul van 'n prys

───   14:56 Thu, 20 Mar 2014

Foto: Holstein verkoop vir bul van 'n prys | News Article
Dirk Kok - 'n Vrystaatse Holstein-bul het die geskiedenisboeke herskryf.
Die Bul Spitsvuur Spits-Superstar A 1826 van die bekroonde Heilbronse melkboer en veearts Kobus Hendriks is vir R200 000 verkoop. Dit is die meeste wat nog vir ’n Holstein in Suid-Afrika betaal is.
Die twee kopers was Jaco Botha en Rassie de Jager van Koster in Noordwes. Die bul gaan by die veeverbeteringskoöperasie Taurus staan vir semenverspreiding.
SA Holstein se rasdirekteur, Herman Duvenhage, sê die bul is genomies getoets en bewys weer eens die Suid-Afrikaanse Holstein kan spog met van die beste genetika in die wêreld.
 
 
Die superbul wat vir 'n rekordprys verkoop is. Van links is Elias Thabela (junior melkery-bestuurder van die Inovula-maatskappy), Kobus Hendriks, verkoper en uitvoerende hoof van Inovula,  Frank de Villiers, van Taurus, en die twee kopers van Koster, Jaco Botha en Rassie de Jager.

Podcasts

Herman Duvenhage:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.