On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

NW-teler wen Elite-bulgroeitoets

───   08:55 Wed, 30 Apr 2014

NW-teler wen Elite-bulgroeitoets | News Article
'n Bul van die simmentaler-teler Jan Hattingh, van Delareyville in Noordwes, is gistermiddag op die Bloemskou aangewys as die wenner van SA Stamboek en Vleissentraal se Elite-bulgroeitoetsklas.
Bulle van die verskillende rasse ding mee en Hattingh se bul, Salerika Bravo, is as die beste bul aangewys uit die 17 raswenners. Stamboek se president, Charl Uys, sê Hattingh se bul is 'n uitsonderlike dier.
Altesaam sewe van die 17 raswenners is bulle van Vrystaatse telers en twee van die bulle kom uit Noordwes.
Die finanliste wat deelgeneem het, was:
• Rudi Buys, Angusstoetery Lusan Premium, Stellenbosch;
• André Lambrechts namens Boschendal Angus-stoetery, Groot Drakenstein;
• Heinrich Bruwer, Grandview Brahmanstoetery, Vryburg;
• Gawie en Willem Naudé, Eduan Braunvieh-stoetery, Barkly-Oos;
• Dami Stemmett, Sumada Charolais-stoetery, Senekal;
• Hendrik Strydom, Amadeus Dexters, Petrusburg;
• Carel Nel, Grasmunt Drakensberger-stoetery, Brandfort;
• Bertus Mong, BM Herefords, Villiersdorp;
• Johann Claassen, Henbase-stoetery, Morgenzon;
• Paul Bester, Silence Genetics, Mooketsi;
• Paul Bester namens Bertie van Zyl Beperk, Mooketsi;
• Francois Coertzen, Coertzen Romagnola, Parys;
• Freddie Rauntenbach, Sanbach-stoetery, Excelsior;
• Neil Dry, Nieman Shorthorns, Magaliesburg;
• Llewlleyn Angus, Wisp-Will-stoereye, Arlington;
• Jan Hattingh, Salerika Simmentalerstoetery, Delareyville; en
• Willie Anderson, Mampudi-stoetery, FW Anderson Boerdery en Anderson Trust, Marquard.
 
Die Elite-bul. Jan Hattingh se skoonseun, Willem Botha, het die toekenning ontvang. Links is Mohau Mahlomaholo. Foto: Dirk Kok 
 
 

Podcasts

Charl Uys:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.