On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

OBP sê entstowwe sal in Oktober beskikbaar wees

───   15:00 Tue, 19 Aug 2014

OBP sê entstowwe sal in Oktober beskikbaar wees | News Article
Dirk Kok. - Die hoof van die staat se vee-entstofvervaardiger Onderstepoort Biologiese Produkte, Steve Cornelius, sê entstowwe wat tans nie deur OBP gelewer kan word nie, kan weer van Oktober beskikbaar wees.
Hy sê van die grootste probleme, as gevolg van die verbetering van die OBP-vervaardigingsaanleg, is opgelos. Die entstowwe teen slenkdalkoors, Afrika-perdesiekte, drie-dae-stywesiekte en besmetlike misgeboorte sal van Oktober af weer beskikbaar wees.
Dit kom nadat landbourolspelers, onder andere die Dieregesondheidsforum en Nasionale Wolkwerkersvereniging, weer hul kommer uitgespreek het oor die voortslepende onbeskikbaarheid van entstowwe en ook oor die gehalte van sekere entstowwe.
Landbourolspelers en die Dieregesondheidsforum het OBP versoek om hulle op hoogte te hou van die onbeskikbaarheid van entstowwe, sodat alternatiewe reëlings getref kan word.
Die DA-LP Annette Steyn het vandag gesê landbouminister Senzeni Zokwana se dringende ingryping gaan gevra word omdat hierdie voortslepende probleem 'n bedreiging vir die land se veebedryf is.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.