On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

VS-boere moet veediefstal by polisie aanmeld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:16 Wed, 08 Oct 2014

VS-boere moet veediefstal by polisie aanmeld | News Article

Bloemfontein - Vrystaat Landbou doen ‘n dringende beroep op boere in die Vrystaat om voorvalle van veediefstal by die polisie aan te meld al is hulle ontevrede oor die polisie se dienslewering.

Voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en orde, Tommie Esterhuyse, sê veediefstal is aan die toeneem in die provinsie gemeet aan die aantal oproepe wat hy ontvang van boere wat onder veediewe deurloop.
 
Esterhuyse skryf die toename in veediefstal onder meer aan swak ekonomiese toestande en werkloosheid toe. Hy vra boere om witlig-en-bloulig-patrollies in samewerking met die polisie te doen.
 
Esterhuyse sê Vrystaat Landbou probeer probleme met betrekking tot veediefstal oplos.

OFM-nuus het vroeër berig dat 51 Bonsmara-verse gister op ‘n plaas by Theunissen gesteel is.
 
Daar word vermoed dat ‘n sindikaat betrokke is wat groot troppe beeste op ‘n slag in gebiede by Theunissen, Brandfort en Bultfontein steel.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus



Podcasts

Tommy Esterhuyse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.