On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

OPB maak werk van enstoftekorte, maar daar is steeds probleme

───   12:27 Tue, 11 Nov 2014

OPB maak werk van enstoftekorte, maar daar is steeds probleme | News Article

Bloemfontein - Die staat se vee-entstofvervaardiger Onderstepoort Biologiese Produkte sê sy agterstand met die lewering van entstowwe, as gevolg van die verbetering van sy aanleg, word stadig maar seker ingehaal. Daar is egter nog probleme om van die entstowwe tydig te lewer.

OBP se Jacob Modumo sê entstowwe teen siektes soos Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors, en besmetlike misgeboorte word die laaste tyd weekliks in klein hoeveelhede vrygestel om die agterstande in te haal.
 
Daar is egter steeds probleme met die tydige lewering van entstowwe teen bloutong en drie-dae-stywesiekte.
 
Die Rooivleisprodusente-organisasie se voorsitter, Lardus van Zyl, sê die RPO beplan om met OBP in gesprek te tree, om te probeer verseker dat só krisis nie weer die land se veebedryf tref nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 

Podcasts

Lardus van Zyl:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.