On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

GWK verkry meer as 'n kwart van Cavalier

───   16:40 Tue, 02 Dec 2014

GWK verkry meer as 'n kwart van Cavalier | News Article

GWK Vleis, 'n volfiliaal van die landboumaatskappy GWK op Douglas, het 'n belang van meer as 25% in die rooivleisgroep Cavalier bekom.

GWK se hoofbestuurder vir veilings, vleis en supermarkte, Wim van Rooyen, sê GWK en die Cavalier-groep bou, met die ondersteuning van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, 'n nuwe bees-abattoir en 'n versnit-en-verpakkingsaanleg vir skaap- en beesvleis by Cullinan buite Pretoria.
 
Vleis vir die kleinhandelmark behoort teen die middel van 2016 deur dié nuwe aanleg gelewer te word.
 
Van Rooyen sê beleggings in onder meer Cavalier en in 'n koekie-en-pastafabriek by Modderrivier, in die Noord-Kaap, is deel van GWK se strategie om vir boere 'n groter aandeel in die waardeketting te gee.
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Wim van Rooyen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.