On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vrou (40) se lyk in Bloemfontein-gastehuis gevind

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:11 Thu, 12 Mar 2015

Vrou (40) se lyk in Bloemfontein-gastehuis gevind | News Article

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein ondersoek die moord op 'n 40-jarige vrou nadat haar erg ontbinde lyk gistermiddag onder 'n matras in 'n bed by 'n gastehuis in die stad gevind is.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die vrou is vermoedelik verwurg en ook verkrag.
 
Hy sê sy het die naweek saam met 'n man en 'n vrou met 'n 6-jarige kind by die gastehuis aangekom. Hulle het 'n kamer bespreek. Die man en vrou asook die kind het later Saterdagaand die gastehuis verlaat.
 
Volgens Marope het skoonmakers op die lyk afgekom.

Die polisie se ondersoek duur voort. Marope sê die vrou is vermoedelik van Bloemfontein.
Die vrou se naam is nog nie bekend gemaak nie. 
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
 

Podcasts

Chaka Marope:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.