On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

3 000 grondeise in 23 dae

───   16:46 Wed, 23 Jul 2014

3 000 grondeise in 23 dae | News Article
Dirk Kok - Grondsakeminister Gugile Nkwinti sê in die 23 dae sedert die heropening van die grondeiseproses is reeds 3 000 eise ingedien.
Nkwinti het vandag in sy begrotingstoespraak in die parlement gesê die regering is ernstig oor versnelde grondhervorming. Die regering is ook ernstig oor die voorstelle om weg te doen met die gewillige-koper-verkoper-beginsel vir die aankoop van grond deur die staat.
Die VF+ se Pieter Groenewald het in die begrotingsdebat gesê die heropening van grondeise en die regering se restitusieprogram is 'n onwerkbare fout. Net R2,6 miljard word per jaar begroot, terwyl bykans 400 000 eise teen 2019 verwag word. Met so begroting sal dit sowat 70 jaar duur om al die eise af te handel.
Groenewald het gesê die proses skep onsekerheid en geen welvaart word daardeur geskep nie.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.