On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

'Grondeise kom met probleme'

───   16:30 Thu, 31 Jul 2014

'Grondeise kom met probleme' | News Article
Dirk Kok. - Vrystaat Landbou se Henk Vermeulen sê Suid-Afrika sit met probleme as gevolg van die grondeiseproses wat heropen is.
Volgens grondeisekommissaris Nomfundu Gobodo wil die meeste nuwe eisers geld hê en nié grond nie. Sy het 'n beroep om mense gedoen om ter wille van grondhervorming eerder grond te eis.
Vermeulen sê die regering gaan hom onder meer moet staal teen mense wat vinnig geld uit die grondeiseproses wil maak, nuwe eise op reeds afgehandelde eise, eisers wat slegs agter minerale regte aan is en vals eise. Dan is daar ook die kwessie van die Khoi- en San-gemeenskap wat sê hulle het hul grond voor 1913 verloor.
Vermeulen sê dit is te betwyfel of die regering al hierdie kwessies behoorlik kan hanteer.


Podcasts

Henk Vermeulen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.