On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

NK-druiweboere onderhandel met kopers in Taiwan

───   16:14 Fri, 08 Aug 2014

NK-druiweboere onderhandel met kopers in Taiwan | News Article
Dirk Kok. - Die druiweboere Pieter Dykman en Tokka van den Hever (STET), eienaars van Kakamas se produsente-uitvoermaatskappy Pitto, is een van die Suid-Afrikaanse maatskappye wat op 'n handelsmissie van die departement van handel en nywerheid na Taiwan en Thailand moontlike nuwe kopers gekry het.
Pitto se bemarkingsbestuurder, Lorna Basson, sê daar is veral groot belangstelling in Pitto se wit- en rooi pitlose druiwe in Taiwan, waar vrugte 'n hoofvoedselbron is en waarheen Suid-Afrika tans druiwe mag uitvoer.
Pitto onderhandel ná die handelsmissie met moontlike kopers. Sou hierdie onderhandelings suksesvol wees, sal dit die eerste keer wees wat Pitto direk na Taiwan uitvoer, wat besparings in die kosteketting sal beteken.



Podcasts

Lorna Basson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.