Agriculture
VS Landbou-LUR wil oor omstrede Vrede-melkery praat─── 15:21 Tue, 12 Aug 2014
Dirk Kok
Bloemfontein - Vrystaatse landbou-LUR Mamiki Qabathe het die boerderysektor genooi om met haar en haar departement te praat oor die omstrede Vrede-melkery van R500 miljoen.
Sy het dié uitnodiging gerig nadat die president van Vrystaat Landbou, Dan Kriek, verlede week in sy presidentsrede op die VL-jaarkongres weer kritiek gelewer het oor hierdie projek wat volgens boere en opposisiepartye ’n mors van geld en moontlik 'n skelmspul was en nie ’n suksesvolle landbou-onderneming kan wees nie.
Qabathe het gesê van regeringskant af sal foute erken word, maar die landbousektor moet ook besef dié projek is begin omdat swart melkboere sê hulle kry nie ondersteuning van die kommersiële suiwelbedryf af nie.
Mamiki Qabathe oor die omstrede Vrede-melkery van R500 miljoen.: