On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Janovsky praat by RPO-kongres

───   16:25 Wed, 13 Aug 2014

Janovsky praat by RPO-kongres | News Article
Dirk Kok
 
Bloemfontein - Die Absa-ekonoom Ernst Janovsky sê die wêreld se boere gaan binne die volgende 40 jaar twee keer soveel kos moet produseer as wat in die laaste 500 jaar geproduseer is, net om die groeiende wêreldbevolking kos te gee.
 
Hy sê met die vervaardiging van al hoe meer biobrandstowwe en plastiek uit landbouprodukte, kan landbouproduksie selfs ’n tweede keer verdubbel word.
 
Daar is enorme beleggingsmoontlikhede in die landbou, veral in Afrika en Suid-Amerika waar nog landbougrond beskikbaar is.
 
Janovsky sê swak regeringsbeleid knou egter in hierdie stadium Suid-Afrika se mededingendheid en is ’n ekonomiese risiko vir die land.
Janovsky het vanoggend in Bloemfontein gepraat op die Rooivleisprodusente-organisasie se nasionale kongres.

Podcasts

Ernst Janovsky :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.