On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

'Banke sal meeste verloor met 50%-grondplan'

───   17:41 Wed, 20 Aug 2014

'Banke sal meeste verloor met 50%-grondplan' | News Article

Kimberley - Die president van Agri-Noord-Kaap, Henk van Wyk, sê diegene wat kommersiële boere van gronddiefstal beskuldig, is oningelig.

Van Wyk sê handelsbanke sal straks die ergste getref word en die meeste verloor, sou voorstelle soos die verdeling van 50% landbougrond onder plaaswerkers deurgevoer word.
 
Boere skuld banke vir meer as die helfte van hul vaste bates.

Van Wyk en die onderwys- en sakeleier Theuns Eloff het albei op die kongres gesê grondsakeminister Gugile Nkwinti se 50%-plan is totaal onwerkbaar en sal waarskynlik nie deurgevoer word nie.
 
Eloff het gesê dit lyk nie of Nkwinti nie ’n werkbare plan het nie en die onus nou op landbouers plaas om met ’n beter voorstel te kom.

Dirk Kok/OFM-nuus


Podcasts

Henk van Wyk:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.