On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Kolver Mülke aangewys as Jongboer van die Jaar

───   14:23 Thu, 21 Aug 2014

Kolver Mülke aangewys as Jongboer van die Jaar | News Article

Kimberley - ’n Besproeiingsboer van Douglas, Kolver Mülke, is op Agri-Noord-Kaap se kongres in Kimberley as die Noord-Kaapse Jongboer van die Jaar aangewys.

Die 33-jarige Mülke, van die plaas Tambile, boer met koring, mielies, uie, saaduie, aartappels en grondbone. In die laaste vyf jaar het hy sy koringopbrengs van sewe tot nege ton per hektaar verbeter.
 
Die bemarkingstyd vir sy uie het hy van ses maande tot 10 maande verleng, deur die berging van uite vir tot ses maande. Arbeidsverhoudinge op sy plaas is ook verbeter.
 
Mülke is betrokke in georganiseerde landbou as bestuurslid van die Rietvaalhoek-boerevereniging en hy dien op die landboumaatskappy GWK se adviesraad vir aartappels en grondbone.
 
Die naaswenner is Gaffel du Plessis, ’n skaapboer van Richmond.
 
Gerhard Cilliers, ’n besproeiingsboer ook van Douglas was derde. Douglas het verlede jaar die land se nasionale Jongboer van die Jaar, Attie Scholtz, opgelewer.

Dirk Kok/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.