On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Securitas gee geld vir veiligheidslessenaar en radiokommunikasie in VS

───   15:45 Mon, 25 Aug 2014

Agri Securitas gee geld vir veiligheidslessenaar en radiokommunikasie in VS | News Article

Die Agri Securitas-trustfonds, wat hom vir die veiligheid van boere en plattelandse gemeenskappe beywer, het met geldelike steun sy gewig ingegooi by Vrystaat Landbou se nuwe veiligheidslessenaar en by die oprigting van 'n radioherhaler vir Philippolis se boerderygemeenskap.

Die trustfonds se voorsitter, Japie Grobler, sê die veiligheidslessenaar en radioherhaler is albei daarop gemik om misdaad te voorkom.
 
Met die veiligheidslessenaar gaan VL se nuutaangestelde misdaadkenners inligting oor misdaad insamel en verwerk en nou met die polisie saamwerk om misdaad in probleemgebiede hok te slaan.
 
Op Philippolis sal die radioherhaler kommunikasieprobleme tussen boere en die polisie, as gevolg van swak telefoonlandlyne, uitskakel.

Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Japie Grobler:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.