On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

'BTW op insette gaan knyptang op boere vererger'

───   17:36 Tue, 09 Sep 2014

'BTW op insette gaan knyptang op boere vererger' | News Article

Bloemfontein - Aartappels SA se uitvoerende hoof, André Jooste, sê die owerheid gaan deeglik moet besin oor die impak wat dit op die landbousektor en die land gaan hê indien boere in die toekoms BTW moet betaal op insette soos voer, dieremedisyne, saad, kunsmis en chemikalieë.

Jooste het vandag op die jaarlikse Aartappelmoerkwekersforum in Bloemfontein gesê dit sal die kosteknyptang en druk op boere vererger.
Gemeet aan insetkostes en produsentpryse was boere verlede jaar 29% swakker daaraan toe as in 1991.
 
Die gaping tussen landbouers se bruto- en netto inkomste het sedert verlede jaar 77% groter geword.

Landbou-organisasies vergader weer Maandag met die owerheid oor die tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se voorgestelde veranderings aan die BTW-wet.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

André Jooste:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.