On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat het net 300 melkboere oor

───   11:12 Thu, 11 Sep 2014

Vrystaat het net 300 melkboere oor | News Article

Bloemfontein - Die voorsitter van die Melkprodusente-organisasie in die Vrystaat, Gideon Lamprecht, sê die provinsie het 60% van sy melkboere sedert 2009 verloor.

Lamprecht het vanoggend op die MPO se nasionale kongres in Bloemfontein aan OFM-nuus gesê die Vrystaat het slegs 300 melkboere oor.
 
Vrystaatse boere produseer nou slegs nege-en-’n-half-persent van die land se melk. Lamprecht sê boere verlaat die melkbedryf omdat ander boerderye meer winsgewend is.
 
Onsekerheid oor grondbeleid is egter ook ’n groot rede waarom melkboere ophou boer.

Melkboere en rolspelers in die suiwelbedryf van oor die land heen is vandag by die Emoya-landgoed buite Bloemfontein byeen vir die MPO-kongres.
 
Dirk Kok/OFM-nuus



Podcasts

Gideon Lamprecht:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.