On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

'Gronddebat in SA moet fokus op kos vir miljoene stedelinge'

───   17:58 Thu, 11 Sep 2014

'Gronddebat in SA moet fokus op kos vir miljoene stedelinge' | News Article

Bloemfontein - Die landbou-ekonoom Johan Willemse sê die antwoord vir Suid-Afrika se landbou-en-gronddebat lê nie in grondplafonne soos wat grondsakeminister Gugile Nkwinti onlangs voorgestel het nie.

Willemse het op die Melkprodusente-organisasie se kongres in Bloemfontein aan OFM-nuus gesê die wêreldnorme vir volhoubare boerdery is tegnologie en ekonomie van skaal of mega-boerderye.
Die verskillende landboubedrywe het verskillende groottes grond nodig om ekonomie van skaal te kry. Plaasgroottes wissel ook van streek tot streek.
 
Die landbou-en-gronddebat moet verskuif na hoe die miljoene stedelinge in die land kos gegee gaan word.

Willemse sê indien Suid-Afrika wil fokus op die vestiging van kleiner boere wat nie internasionaal kan meeding nie, gaan boere met onder meer hoër invoerbelastings beskerm moet word.
 
Dit sal egter duurder kos vir verbruikers beteken.
 
Dirk Kok/OFM-nuus

Podcasts

Johan Willemse:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.