On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

VS se Elite-suiwelboere: Foto's

───   16:53 Wed, 01 Oct 2014

VS se Elite-suiwelboere: Foto's | News Article

Die vennote van die MD Foundation by Ficksburg is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Vrystaat se beste melkboere aangewys.

Dié stigting se Jacques Moll, Hannes Pretorius en Danie Venter is vandag in Bloemfontein deur SA Stamboek as die Vrystaatse Elite-suiwelboere aangewys.
 
Die bekroonde Heilbronse melkboer en veearts, Kobus Hendriks, wat hierdie kompetisie reeds meer as 10 keer gewen het, is die naaswenner.
 
Stamboek se Rampie de Wet sê die MD Foundation en Hendriks se Inovula-maatskappy het spogkuddes en albei boer baie wetenskaplik. Die kompetisie was straf en die finale uitslag was nie vir die beoordelaars ’n maklike taak nie.

Die MD Foundation bestaan nou vier jaar en gebruik sy melkery en diverse boerdery om mense in die Ficksburg-gemeenskap se lewe te verbeter. Dié stigting fokus op werkskepping, armoedeverligting en die opheffing van mense. Die stigting het onder meer ’n skool asook 'n hospice vir Vigs-lyers begin en het 60 versorgers wat na siek mense in die townships omsien.
 
 
Die MD Foundation se vennote is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die Vrystaat se beste suiwelboere aangewys. Van links is SA Stamboek se Japie van der Westhuizen, die MD Foundation se Danie Venter en Hannes Pretorius en Stamboek se Rampie de Wet. Foto's: Dirk Kok
 
 
Heilbron se Kobus Hendriks was vanjaar die naaswenner. By hom is sy vrou, Rika.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 
 
 
 
 

Podcasts

Rampie de Wet:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.