On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Omvattende navorsing oor plaasaanvalle begin

───   13:56 Tue, 07 Oct 2014

Omvattende navorsing oor plaasaanvalle begin | News Article

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n kriminoloog aangestel om ’n omvattende studie oor plaasaanvalle en -moorde te doen.

AfriForum se Ernst Roets sê dié organisasie wil met die hulp van Lorraine Claassen, wat haar meestersgraad oor plaasaanvalle gedoen het en reeds by verskeie navorsingsprojekte daaroor betrokke was, gevallestudies oor die land heen doen om meer lig te kan werp op dié probleem en om moontlike oplossings te kry.

Roets vra slagoffers of familielede van slagoffers asook mense met inligting oor plaasaanvalle en –moorde om betrokke te raak by hierdie navorsing.
 
E-pos kan aan stopdiemoorde@afriforum.co.za gestuur word.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 
 
 

Podcasts

Ernst Roets:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.