Agriculture
‘Ondersoeke na afsettings moet objektief wees'─── 16:00 Fri, 17 Oct 2014
Bloemfontein - Graan SA en Agri SA se Louw Steytler sê grondsakeminister Gugile Nkwinti moet ’n holistiese benadering volg wanneer hy uitsprake en bewerings oor die onwettige afsetting van plaaswerkers in die Vrystaat en ander provinsies ondersoek.
Steytler sê daar hang vraagtekens oor populistiese uitsprake en bewerings dat sommige plaaswerkers bloot onwettig van plase afgesit word. Nkwinti se afvaardiging wat provinsies gaan besoek oor bewerings van afsettings, gaan hulle deeglik moet vergewis van die feite en van boere se ekonomiese oorlewingstryd.
Steytler sê die regering moet ook besef dit is sy plig om 'n beleggersvriendelike omgewing te skep waarin werksgeleenthede nie verlore gaan nie, maar waarin werk geskep word.
Dirk Kok/OFM-nuus
Louw Steytler: