On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Rob Davies sê agri-verwerking sal verder uitgebou word

───   16:47 Tue, 21 Oct 2014

Rob Davies sê agri-verwerking sal verder uitgebou word | News Article

Minister van handel en nywerheid Rob Davies sê sy departement het die laaste vyf jaar die landbouverwerkingsektor met R1,2 miljard ondersteun. Sy departement sal hierdie ondersteuning voortsit en uitbou, omdat toegevoegde waarde tot oeste die werklike bydraer is tot inkomste en werkgeleenthede.

Hy sê die bevordering van agri-verwerking is vir Afrika en Suid-Afrika uiters belangrik.
 
Die vasteland het verlede jaar koffie van $6 miljard geproduseer en uitgevoer. Hierdie koffie is buite Afrika verwerk en $94 miljard is elders daarmee verdien.
 
Davies sê die vestiging van landbouverwerkingsaanlegte is ook ’n drywer vir landbou in gebiede waar nie tans geboer word nie. Vooruitgang in die agri-verwerkingsektor dra verdery by tot groei in ander sektore soos die verpakkingsbedryf.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.