On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Droogteramp weer in NK gevrees

───   16:53 Thu, 23 Oct 2014

Droogteramp weer in NK gevrees | News Article

Bloemfontein - Agri-Noord-Kaap se adjunk-president, Nicol Jansen, sê boere in dié provinsie vrees 'n tweede rampdroog jaar.

Dele van die provinsie is steeds amptelik rampdroogtegebiede en Agri-Noord-Kaap het reeds aansoeke ontvang van landbou-unies dat nog dele rampdroog verklaar moet word.
 
Jansen sê soos sake nou staan, word ook verdere aansoeke uit gebiede soos Hopetown, die Ghaapse berg, Postmasburg en Kuruman verwag.

Hy sê opkomende boere is verlede jaar met droogtehulp in die Noord-Kaap gehelp en kommersiële boere is uitgesluit. Noord-Kaapse boere het wel hulp van medeboere en weldoeners van oor die land heen ontvang.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

Podcasts

Nicol Jansen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.