On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Oudboer van Zimbabwië stel boek van hoop bekend

───   16:07 Fri, 14 Nov 2014

Oudboer van Zimbabwië stel boek van hoop bekend | News Article

Bloemfontein - Die oud-Zimbabwiese boer en prediker Henry Jackson, wat twee jaar gelede wêreldwyd bekend geword het vir die versoenende manier waarop hy opgetree het toe grondbesetters sy plaas afgeneem het en hy oor politiekery in die tronk gestop is, se boek, Another Farm in Africa, is vanoggend in Bloemfontein bekend gestel.

Jackson, wat deesdae in Bloemfontein woon en oor die land heen preek, sê hy het dié boek begin skryf nog voordat hy in Zimbabwe in die tronk gestop is en hy en sy vrou, Mandy, daarna met slegs twee tasse klere na Suid-Afrika moes vlug.
 
Die boek is nie net sy storie nie, maar van ander boere en van Afrika en hy wil mense bemoedig wat onseker en bang is oor die toekoms in Afrika.
 
Jackson sê hy is positief oor die pad vorentoe in Suid-Afrika en Zimbabwe. Die handjievol magshebbers in Zimbabwe gaan nie vir altyd kan voortgaan soos hulle voortgaan nie.

Jackson se boek is in boekwinkels te kry.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 
 
 
 

Podcasts

Henry Jackson:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.