On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Noord-Kaapse departement kry R50 miljoen vir droogtehulp

───   16:12 Fri, 14 Nov 2014

Noord-Kaapse departement kry R50 miljoen vir droogtehulp | News Article

Bloemfontein - Die Noord-Kaapse landboudepartement het in dié provinsie se aansuiweringsbegroting R50 miljoen gekry vir droogtehulp aan boere in die distrikte John Taolo Gaetsewe, Namakwa en Frances Baard.

LUR vir ekonomiese sake, John Block, het vandag in sy aansuiweringsbegrotingstoespraak in die wetgewer gesê die landboudepartement kry daarmee saam nog R10,9 miljoen.
 
Van dié geld is R4,7 miljoen vir die omvattende landbousteunprogram Casp asook vir die Ilima/Letsema-projek vir verbeterde landbouproduksie.
 
Altesaam R3 miljoen word gegee vir die vul van tegniese poste in die landboudepartement en R3,2 miljoen vir infrastruktuurprojekte.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.