On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Plaaswerkervakbond vrees bankrotskap ná hofuitsprake

───   15:43 Wed, 19 Nov 2014

Plaaswerkervakbond vrees bankrotskap ná hofuitsprake | News Article

Bloemfontein - Die Robertsonse plaaswerkervakbond Csaawu, wat deel was van die geweldadige plaaswerkerstakings in 2012 en 2013 in die Wes-Kaap, is volgens 'n artikel op sy Facebook-blad op die rand van bankrotskap ná uitsprake teen hom deur die arbeidshof.

Csaawu, wat ná die onwettige stakings twee boerderye hof toe gesleep het oor die afdanking van 14 werkers, sê hofbevele dat hy ook die twee boerderye se regskoste van altesaam R600 000 moet betaal, gaan hom bankkrot maak.
 
Die arbeidshof het vroeër vanjaar in die een geding beslis die stakings was onwettig en die afdankings wettig. In die ander geding het die arbeidshof beslis hy het nie jurisdiksie oor die saak nie, omdat dit nie behoorlik na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys is nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.