On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Zokwana en China praat oor landbousamewerking

───   16:20 Wed, 03 Dec 2014

Zokwana en China praat oor landbousamewerking | News Article

Landbouminister Senzeni Zokwana is deel van die afvaardiging van ministers en sakelui wat pres. Jacob Zuma op 'n staatsbesoek aan China vergesel.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se Clayson Monyela sê groter samewerking ten opsigte van landbou en van landbouverwerking is van die sake wat bespreek sal word.
 
Zuma sal in die volgende twee dae met sy Chinese eweknie, Xi Jinping, ontmoet vir groter samewerking.
 
Die Suid-Afrikaanse sakelui wat Zuma vergesel, sal Vrydag se Afrika-China-sakeforum in Beijing bywoon om handelsbande en beleggings tussen Suid-Afrika en China te versterk.
 
Hierdie staatsbesoek kom nadat die Suid-Afrikaanse en Russiese parlemente vandeesweek in Kaapstad 'n ooreenkoms gesluit het vir die vryer beweging van mense tussen Suid-Afrika en Rusland en vir groter samewerking, ook ten opsigte van die landbou.
 
Parlementslede van dié twee lande het ook die stigting gesteun van 'n parlementêre forum vir die Brics-lande, vir meer gereelde samesprekings tussen leiers van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.