On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

'Regering moet plaasmoordprobleem erken vir werkbare strategie'

───   16:21 Thu, 15 Jan 2015

'Regering moet plaasmoordprobleem erken vir werkbare strategie' | News Article

Bloemfontein - AfriForum se Ernst Roets sê plaasaanvalle en –moorde sal suksesvol bekamp kan word, mits die regering die plaasaanvalprobleem erken en dit as misdaad prioritiseer.

Hy sê 'n eerste stap sal wees om statistieke oor plaasaanvalle en moorde bekend te maak. Daarmee saam moet behoorlike misdaadinligting in boerderygebiede ingesamel en misdaadtendense vasgestel word. Swak kommunikasie tussen polisiekantore is ook 'n struikelblok wat erken moet word.
 
AfriForum en die TLU het vanoggend op 'n mediakonferensie konferensie gesê volgens beskikbare inligting was 2014 die jaar met die meeste plaasaanvalle sedert 1990 en het plaasmoorde stelselmatig sedert 2011 toegeneem.
 
Dit blyk dat daar verlede jaar 227 aanvalle op plase en 67 plaasmoorde was.
 
AfriForum en die TLU sê hulle wil met die ANC-leierskap in gesprek tree oor die plaasaanvalprobleem.
 
Dirk Kok/OFM-nuus
 
 
 
 
 

Podcasts

Ernst Roets:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.