On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Boere, polisie neem hande om misdaad te bekamp

───   SABRINA DEAN 18:01 Wed, 04 Feb 2015

Boere, polisie neem hande om misdaad te bekamp | News Article

Sasolburg - Ongeveer 100 boere was vanoggend teenwoordig by die Sasolburgse munisipale kantore om met die LUR van polisie, Butana Komphela, en provinsiale polisiekommissaris, Simon Mpembe, te vergader.

Vrystaat Landbou sê die groot aantal boere wat vanoggend 'n vergadering met Vrystaatse sekerheidsowerhede bygewoon het, dui aan hoe groot boere se bekommernis oor misdaad is.
 
Die organisasie se Tommie Esterhuyse sê ongeveer 100 boere was vanoggend teenwoordig by die Sasolburgse munisipale kantore om met die LUR van polisie, Butana Komphela, en provinsiale polisiekommissaris, Simon Mpembe, te vergader.
 
Esterhuyse sê boere het die byeenkoms geïnspireer verlaat.

Van die brandpunte wat uitgelig is sluit in probleme wat boere met polisielede op plaaslike vlak ervaar, boere wat alleen patrollie ry en rooftogte waartydens die misdadigers hulle as polisielede voordoen.
Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Tommie Esterhuyse sê boere het die byeenkoms geïnspireer verlaat.:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.